WEKOM BY

Robertson
Lenteskou

24-28 Sept. 2024

Robertson Lenteskou vier met trots sy 125ste bestaansjaar, ‘n bewys van sy blywende aantrekkingskrag en historiese betekenis. Beleef die tradisie, die gemeenskap en die opwinding.

 

WILLEM BOTHA MAKE-UP MASTERCLASS

Moenie hierdie geleentheid misloop om van die beste te leer en ‘n fantastiese oggend saam met jou vriende en Bon Courage te geniet nie.

OPWINDENDE PROGRAM & FAMILIEPRET!

‘n Vol 5-dag perdeprogram, kommersiële en landbou-aktiwiteite, lekker kos, stalletjies, kindervermaak, vertonings, en meer.

ROBERTSON LENTESKOU BABAKOMPETISIE

Het jy dalk  die oulikste kleinding in die dorp? Skryf jou baba in vir ons 2024 Robertson Lenteskou Baba Kompetisie teen 23 Augustus!

2024 PERDEPROGRAM

Robertson Lenteskou bied die geleentheid vir die volgende kampioenskappe: - Walliese Ponie SA; Saalperd WP; Swart Trekperd WP en SA Ryperd Kampioenskappe.

HOENDERSKOU

Vroeg uit die vere en reg vir die hoenderskou! Neem deel aan die Wes-Kaap Pluimveeklub / Western Cape Poultry Club se 2024 Robertson Lenteskou / Spring Show.

Vier ‘n Ryk Erfenis

125 JAAR VAN ROBERTSON LENTESKOU

Die Robertson Lenteskou, wat gestig was met die doel om die breër gemeenskappe van Montagu, Ashton, Robertson, Bonnievale en McGregor te dien, het gegroei tot ‘n gesogte geleentheid. Alhoewel dit oorspronklik gefokus het op ryperde, beeste en skape, het die skou oor tyd ontwikkel en fokus nou hoofsaaklik op skouperde. Ten spyte van hierdie verskuiwing, bly die Lenteskou toegewyd aan die viering van landbou-erfenis. Vandag staan dit trots as die tweede grootste opelugperdeskou in Suid-Afrika, net na Bloemfontein.

KRY JOU KAARTJIES

Beskikbaar by Webtickets of jou naaste Pick n Pay

DAGKAARTJIE:
Woensdag / Donderdag / Vrydag of Saterdag 

R50 per volwassene. R30 per skolier / pensionaris. Gratis vir kinders onder 5 jaar

EARLY BIRD:
Weekkaartjie tot 8 September:

R120 per volwassene (Spaar R80). R60 per skolier / pensionaris (Spaar R60). Gratis vir kinders onder 5 jaar

Dankie aan ons borge: